Springbok tweestryde, losskakel tameletjies en Superbru helpende hand

May 15, 2018, 06:00 AM

In hierdie week se episode van Sportmal bespreek ons die Bulle se indrukwekkende sege oor die Sharks en wonder wat op Nuweland met die Stormers teen die Chiefs gebeur het.

Ons analiseer ook die naweek se tweestryde en kyk na watter spelers hulle Springbok-kanse versterk het.

Rassie Erasmus se kiesbeleid word ook onder oë geneem voordat ons vinnig kyk na wat die week in Europese rugby plaasgevind het.

Running order:

Deel 1: 00m 35s

Deel 2: 21m 48s

Deel 3: 54m 06s